008

PEACH VAN PLETZEN

Peach van Pletzen is twee kante van ‘n gekompliseerde muntstuk: Aan die een kant is ‘n stel rigiede reëls en pragmatiese beplanning van elke moontlike uitkoms vir elke moontlike scenario. Aan die ander kant – ‘n esoteriese energie wat weet: Die reëls vir enige sisteem is vlietend, buigbaar en waarskynlik klaar outdated.

 

As die Flux Capasitor (die hart van die DeLorean wat time travel moontlik gemaak het in Back To The Future) ‘n gesig gehad het, was dit die gesig van Piere Henri van Pletzen.

 

Om jouself te reinvent sodat jy relevant kan bly, is vir baie kunstenaars ‘n uitdaging. Min kry dit reg. Baie leuen op die momentum van vorige suksesse en kanaliseer die energie êrens heen in die hoop dat die stroom sal bly vloei. Maar om ‘n brand te skep waarvan die essensie self, reinvention is, is vir min beskore. Peach se gehoor weet: Enige iets is moontlik en dit is die helfte van die pret. Peach is jare lank al besig met talle sulke projekte: Bittereinder, Van Pletzen, Zaberfluten en Praating is maar ‘n paar wat mens kan opnoem. Sy spoor trap fronte fanatiese volgelinge oop, wat ywerig wag vir die volgende skuif. Hy het ‘n wrewel aan konformeer, en steeds is hy ‘n gentleman soos tradisie sou verwag; nóg ‘n teenstryd vasgevang in een mens.

 

Peach is eintlik die samevatting van baie teenstrydighede:

 

Hy is ‘n drummer wat die groep se pas op reëlmaat moet aangee, tog is hy ook ‘n performer wat die illusie van tyd vir ‘n gehoor moet vervorm.

 

Hy is ‘n producer wie die geheelbeeld van musiek vir ‘n gehoor moet bestuur, maar hy is ook ‘n akteur wat besef dat die enigste geheelbeeld wat saakmaak, is jou eie persepsie van die wêreld waarbinne jy leef.

 

Hy is die enigste alumni van ‘n kunsskool (Pro Arté) wat verwys na kunsskool-alumi asof hy in ‘n landbouskool was.

 

Hy deel sy gedagtes, hy is suinig met sy idees.

Hy is yin, hy is yang.

Hy is vinkel, hy is zaab.

Hy is die middellyn en die buitelyne.

Hy is Mengels, Afrikaans én Engels en hy is slim genoeg om te weet hy kan dit nie alles gelyk wees nie, maar he’s going to probeer…

Add Peach van Pletzen Text Here

Teks: John-Henry Opperman
Produksie: The Media Farm